Die somer weet

As die jasmyn op die 
kombuistafel staan,
as Mamma dit pluk.
As die reuk,
as die kleur ons weer opvrolik!

Vergete is die wintermaand.
Die dorre leegheid,
die dodelike koue,
Vergete is ons seer vingers
en die gemors van die blare...
Ag, die gemors!

Die afrikanertjies,
Die magrietjies,
Die jasmyn,
Die botterskorsies, dit blom!
Die lente is weer hier,
Die lente het aangekom!

Wat, o wat, is die winter dan
as die somer in ons huis kom skyn?
Die somer kom altyd weer,
vergete die koue, vergete die pyn.

Ek het aapsterte gevind, ons lag en sing!
As Mamma mooi prente teken van sonneblomme,
as Pappa paadjies maak in die tuin...
Die somer het weer vreugde gebring.

Dit dans in die wind, so kleurvol!
Dit bak in die son…
Die somer weet, die somer ken die pyn,
maar die skoonheid maak heel, die seer vervaag.
Daarom lag ons so diep, so diep uit die maag.

Dalene de Vente (2022)

Leave a comment