
Ek loop knarsend deur die hope sneeu
en veraf hoor ek ganse krys, maar
dis stil in hierdie wit sprokiesland.
Mense met warm jasse en mense met warm musse en mense met handskoene
loop verby.
Sal hulle ooit weet hoe voel Afrika se hitte op jou vel,
as jy gou kafee toe loop vir ‘n roomys?
Sal hulle ooit weet van die petroljoggie en sy glimlag?
Sal hulle ooit weet van die kriekies en kampvuur op ‘n somersaand?
Van die voëltjies wat jou wakker maak
van die warm, warm seesand.
Hoe sal hulle verstaan
van die Olifantsrivier en sy diere
van die silwermaan oor die
Kruger as hiënas roep?
Ag, ek verlang na my land!