
Die verlange na die eenvoudige rou skoonheid van Afrika… Hoe jy weet, as jy langs die Olifantsrivier stap, is daar krokodille te wagte.
As jy saans buite sit, gaan die hiëna verbyloop. As jy boontoe kyk, skitter die melkweg.
Daar is hardekool en vuur en na die reën is daar net vreugde in die veld.
As jy jou oë toemaak, word jou siel gevul met die Bosveld. En die olifante wat snags om die huis rond loop of die pad vol staan… Wie weet hoeveel kilometers hulle geloop het, voordat hulle voor jou deur staan?
Dalene de Vente (2022)